It was the perfect stopover for a bunch of friends on motorbikes.
Wat ‘n ervaring. Ons moes een aand oornag op reis na Kaapstad. Dit het al ons verwagtinge oortref. Die huis is volledig toegerus met niks wat kort. ‘n Mens kan skaaptjoppies by die eienaars koop om te braai wat doeksag is. Sal definitief weer daar bly, maar dié keer ‘n bietjie langer!
Selfs al was die hele distrik sonder krag was dit die beste waarde vir geld. Uitmuntende diens en smullekker roosterkoek en skaaptjoppies. Kerslig en Karoorantjies wat ingekleur word deur skape wat wei. Die hoogtepunt was die buitestort met heerlike warm water. Onbeskryflik lekker.
Dis ‘n lieflike pad tussen Fraserburg en Leeu Gamka, en indien stilte en klip en berge en eindelose ruimte jou ding is, is Muggefontein die ideale plek. Vir my was dit. Loop sodra jy stilgehou het veld in. Jy sal ‘n plaaswerker in die voetpad sien aankom. Vra hom waar jy selfoonsien kan kry. Hy sal jou sê dit hang af watter een jy soek. MTN? Hy sal jou wys na ‘n koppie aan die ander kant. Loop daar op, sal hy sê. Daar staan ‘n bruin JoJo-tenk; langs hom kry jy die sein. Maar op pad soontoe moet, jy by die kraalmuur gaan staan en kyk hoe daardie klip gepak is. Kyk lank, want so iets moet jy lank bekyk. O ja, daar is ‘n klein olyfboord, en in die kombuis is bottels olyfolie wat jy kan koop. Muggefontein-olyfolie.
Helena is ‘n uitstekende gasvrou, haar kommunikasie vooraf en tydens ons verblyf baie goed. Die huis is goed en gemaklik toegerus. Aande om die vuur buite met ‘n etenstafel was heerlik. Die plaas is netjies versorg en daar is mooi roetes om die pragtige natuur en berge wat omring te bewonder. Ons hoop vir reën om die knellende droogte vir die mense daar te verlig! Helena se lamsvleispakke en gebakte brood kan ek hoog aanbeveel. Die huis is naby aan die grootpad, maar met baie min verkeer en g’n siel in sig vir kilometers aaneen, het ons veilig gevoel. Dit bly ‘n reuse bonus om ons twee hondjies te kon saamneem en te weet hulle is net so welkom daar as ons.
Van aankoms tot verlaat was al wat ons gekry het vriendelike diens en ‘n lekker kuier op die plaas.
Die plaas is mooi stil, geleë in skoonryke deel van die Karoo, braaiplek is uitstekend, alles wat nodig is in die kombuis. Het dit waardeer dat hulle doggy friendly is.
Die huisie, was baie netjies en skoon vir ons, die buite-area is omhein om dit af te sonder van die res van die plaas en plaasdiere, daarom kon ons Duitse herdershond vrylik rondbeweeg sonder dat ons onself hoef te bekommer oor haar. Die braai-area het alles gehad wat nodig is en ons het elke aand gebraai, ons het vooraf met Helana gereël om hout aan te koop van hulle af sodat ons dit nie hoef saam te ry van ver af nie. Die braai-area is ook onder dak en het genoeg stoele en sitplek vir lekker kuier. Daar is baie spasie vir vuurmaak en daar is ‘n wasbak langs die braai wat ek nogal waardeer. Daar is ook ‘n plonspoel wat lekker gelyk het, maar ons het nie kans gesien vir dit in die Mei koue nie. Die huisie binne het al die basiese benodighede, mikrogolf, stofie, oondjie, yskas, vrieskas en daar is genoeg warm beddegoed gewees dat niemand snags koud gekry het nie. Daar is ook WiFi wat opvang tot buite by die braai area. Daar is was ook ‘n paar bordspeletjies soos Rummikub wat ons goed benut het! Ons het heerlik gestap en gedraf op die plaas tesame met ons hond wat dit ook baie geniet het om in die dam te swem en speel. Die area is tipies Karoo en is beeldskoon, van die sterreryk in die nag tot die sonopkoms en sonsondergang, alles sonder die geraas van die stad. Ons het vreeslik lekker gerus en Helena en Kobus was albei baie gasvry en vriendelik. Ons sal definitief Muggefontein weer besoek!
Although a lengthy deviation from the conventional Cape Town to Johannesburg route, the road was excellent and the scenery very beautiful. The tranquility and the night sky were exactly what we hoped
This spacious farm cottage has a lovely outside area with a little splash pool and a braai. The house is very well equipped and perfect for a short or a longer stay. Helena and Kobus are friendly, welcoming people. We enjoyed our stay very much.
