Die huisie, was baie netjies en skoon vir ons, die buite-area is omhein om dit af te sonder van die res van die plaas en plaasdiere, daarom kon ons Duitse herdershond vrylik rondbeweeg sonder dat ons onself hoef te bekommer oor haar. Die braai-area het alles gehad wat nodig is en ons het elke aand gebraai, ons het vooraf met Helana gereĆ«l om hout aan te koop van hulle af sodat ons dit nie hoef saam te ry van ver af nie. Die braai-area is ook onder dak en het genoeg stoele en sitplek vir lekker kuier. Daar is baie spasie vir vuurmaak en daar is ‘n wasbak langs die braai wat ek nogal waardeer. Daar is ook ‘n plonspoel wat lekker gelyk het, maar ons het nie kans gesien vir dit in die Mei koue nie. Die huisie binne het al die basiese benodighede, mikrogolf, stofie, oondjie, yskas, vrieskas en daar is genoeg warm beddegoed gewees dat niemand snags koud gekry het nie. Daar is ook WiFi wat opvang tot buite by die braai area. Daar is was ook ‘n paar bordspeletjies soos Rummikub wat ons goed benut het! Ons het heerlik gestap en gedraf op die plaas tesame met ons hond wat dit ook baie geniet het om in die dam te swem en speel. Die area is tipies Karoo en is beeldskoon, van die sterreryk in die nag tot die sonopkoms en sonsondergang, alles sonder die geraas van die stad. Ons het vreeslik lekker gerus en Helena en Kobus was albei baie gasvry en vriendelik. Ons sal definitief Muggefontein weer besoek!